TAFELDRUIF/ ROSYNE PLAASBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 23-01-2017 12:18:30 PM
01-02-2017 10:13:51 AM
Hierdie gevestigde 50 hektaar rosyne en tafeldruif boerdery in Kakamas omgewing beskik oor 'n geleentheid vir 'n dinamiese kandidaat met goeie kennis en ondervinding in die volle bestuur van so n plaas en nooi alle kandidate met ondervinding om aansoek te doen:

TAFELDRUIF-/ ROSYNE PLAASBESTUURDER
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Emosioneel volwasse kandidate met ten minste 3-5 jaar bestuursondervinding in alle fasette van so n boerdery
- Basiese tegniese-/ meganiese aanleg
- Goeie kommunikasievaardighede en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
- Kode 14 rybewys sal in u guns tel
- Bo-gemiddelde organiseringsvermoë

Pligte behels onder meer:
- Die gesamentlike bestuur van boerdery eenheid onder leiding van hoofbestuur
- Handhawing van optimale produksie
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die boerdery