Verkoops en Logistieke Koordineerder - Stellenbosch Verfied

Salary Negotiable Stellenbosch, Western Cape Stellenbosch, Western Cape more than 14 days ago 23-02-2018 7:35:29 AM
20-04-2018 7:35:29 AM
SA Kalk & Gips Edms Bpk, die markleier in die kalk en gips sektor van Suider Afrika is opsoek na ‘n geskikte kandidaat om deel te word van hul verkoops/logistieke span in Stellenbosch. Die suksesvolle kandidaat moet suksesgedrewe, verkoopsgedrewe en innoverend wees.

Verantwoordelikhede:
• Daaglikse dryf na stimulering van verkope - klientgedrewe
• Gereelde navorsing in terme van logistieke netwerke in Suider Afrika
• Daaglikse bestuur en koordinering van bestellings, logistiek en kwotasies
• Administratiewe funksies en rekonsiliasies gepaard met bestellings
• Bou van verhoudinge met kliente en kontrakteurs
• Maandelikse ondersteuning aan die finansiële departement rakende nagaan van fakture, POD 's, aanmelding en hantering van navrae
• Weeklikse verslaggewing

Vereistes:
• 3+ jaar werksondervinding in verkope en logistiek
• Rekenaargeletterheid – gevorderde vlak t.o.v Excel
• Sterk kommunikasie, analitiese, probleem oplossing, onderhandelings en interpersoonlike verhoudinge bou vaardighede
Slegs kandidate vir onderhoude sal gekontak word.