Wingerdboukundige - Klawer Wynkelder - Lutzville Verfied

Salary Negotiable Lutzville, Western Cape Lutzville, Western Cape more than 14 days ago 09-05-2017 12:29:56 PM
31-05-2017 8:13:46 AM
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekkings vir toegewyde persone met ‘n passie vir wingerdbou en wyn.

WINGERDBOUKUNDIGE

’n Uitdagende geleentheid vir ’n goeie kommunikeerder met uitstekende menseverhoudinge en sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie is ’n vereiste vir hierdie pos, terwyl vorige ondervinding in die aansoeker se guns sal tel.

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir * alle fasette van wingerdbou advies aan produsente * identifisering van en detail-betrokkenheid by strategiese wingerdblokke * bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd * betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite * IPW-rekordhouding * Wieta en bestuur van kwaliteitskontrolestelsels * behulpsaamheid by wynpromosies en –verkope * alle administratiewe- en rekenaar take op WineMS.

In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan.