Wynmaker/Winemaker - Calitzdorp Verfied

Salary Negotiable Calitzdorp, Western Cape Calitzdorp, Western Cape more than 14 days ago 14-06-2019 11:06:48 AM
01-07-2019 7:06:38 AM
De Krans Wines, geleë in die skilderagtige Gamka Rivier Vallei in Calitzdorp, het tans die bogenoemde posisie beskikbaar.

Hierdie is 'n uitdagende en opwindende geleentheid vir 'n entoesiastiese persoon met 'n passie vir wynbereiding, goeie werksetiek en die vermoë om binne 'n spanomgewing te werk. 'n BSc/B.Agric-graad in Wynkunde en Wingerdkunde, minstens vyf (5) jaar ondervinding van die totale wynmaakproses, 'n goeie begrip van wingerdverbouing, en rekenaarvaardigheid is voorvereistes vir hierdie pos. Ervaring in die bereiding van wyne van Portugese kultivars sal in die aansoeker se guns tel.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir * koördinasie van oesaktiwiteite * die totale wynmaakproses * stabilisering van wyne * verwerking en versnit van gehaltewyne * skepping van moderne en nuwe stylversnitte * kelderadministrasie en personeelbestuur * skakeling in terme van wynproe , promosies en bemarking.