LYNBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 05-10-2020 2:42:00 PM
17-11-2020 1:25:06 PM
Hierdie bottelering en verpakkingsaanleg in Upington, beskik oor die volgende posisie vir 'n goed georganiseerde kandidaat as:

LYNBESTUURDER
UPINGTON

Vereistes:
- Kandidate met minstens Matriek ondersteun deur ten minste 2 jaar ondervinding kan aansoek doen
- Indien ondervinding uit 'n fabriek of verpakkingsaanleg sal dit voorkeur geniet
- Goeie kommunikasievaardighede en vermoƫ om mense te bestuur
- Bereidwilligheid om lang ongereelde ure te werk in oestye

Bottelering en verpakking volgens spesifikasies moniteer word en enige afwyking sal produksie laat staak;

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Administrasie verbonde aan bottelering, nagaan lyste, vorms, rekords ens.
- Bepaal die persentasie fisiese produksie per dag deur lynstaan tye aan te dui
- Invul van vorms en nagaan lyste op daaglikse basis, nagaan daarvan en rekordhouding
- Bepaal vul hoogtes en massa deur gevulde produkte te weeg volgens spesifikasies
- Kwaliteitsbeheer en produk-onttrekking indien van standaard en spesifikasies gewyk word of probleme voorkom.
- Verseker netheid van produksielyn, gebou en perseel
- Verantwoordelike hantering van alle toerusting en voorraad volgens voorskrif en spesifikasie
- Uitvoering van funksie ingevolge veiligheid en voedselsekuriteit regulasies.
- Rapporteer probleme op lyne of defekte aan onmiddellike toesighouer
- Neem voor produksie monsters van alle wyne wat gebotteleer word na die Laboratorium vir finale toetsing

Om aansoek te doen, stuur CV met verwysing OLB