PERSOONLIKE ASSISTENT/SENIOR ONTVANGS - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 01-09-2021 2:47:29 PM
27-10-2021 2:47:29 PM
Ons wag op aansoeke van ervare, vriendelike, selfgedrewe persone met die vermoë om onafhanklik onder druk te opereer, in die betrekking as:

PERSOONLIKE ASSISTENT/ SENOR ONTVANGS
UPINGTON

Vereistes:
- Die suksesvolle persoon moet goed georganiseerd wees met minimum 10 jaar+ ondervinding as persoonlike assistent met ontvangs pligte en algemene administratiewe take in ‘n
professionele kantoor omgewing.
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in volledige MS Office pakket
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Aansoekers met tersiêre kwalifikasies sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- Vriendelike hantering van ontvangs funksie
- Algemene administratiewe pligte
- Ontvang van betalings deur kliënte
- Aankoop en nagaan van skryfbehoeftes en voorraad
- Kontrole oor bode en skoonmakers
- Ander pligte soos van die pos verlang mag word.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing MDSO voor 17 September 2021