SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER - Redelinghuys Verfied

Salary Negotiable Redelinghuys, Western Cape Redelinghuys, Western Cape more than 14 days ago 28-01-2020 10:18:35 AM
03-03-2020 7:29:05 AM
Hierdie gevestigde vrugte boerdery 4km voor Redelinghuys in die Wes- Kaap wat spesialiseer in die produsering van uitvoer sitrus & tafeldruiwe, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul bestuurspan:

SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER
REDELINGHUYS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 5 jaar ondervinding in alle aspekte van
die verbouing van top gehalte sitrus.
- ‘n Toepaslike landbou kwalifikasie sal as aanbeveling dien.
- Rekenaarvaardigheid
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede, die vermoë om onafhanklik te opereer en ‘n sterk, effektiewe span op te bou
- Deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings.
- Kennis en ondervinding van die volle bestuur van ‘n sitrus pakhuis is verdere vereistes.

Oorhoofse pligte sal insluit:
- Volle bestuur van sitrus eenheid, kontrole en toesig oor alle produksieaktiwiteite
- Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid
- Pakhuisbestuur
- Gehaltebestuur
- Toepassing van tegniese aanbevelings, asook nuwe ontwikkelings.

Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.

Stuur u volledige CV met verwysing MUSP voor 10 Februarie 2020