SIVIELE TERREIN BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-05-2022 7:40:52 AM
31-05-2022 9:16:02 AM
Hierdie siviele konstruksie maatskappy gevestig in die Noord-Kaap, met projekte landwyd, beskik oor die volgende uitdagende loopbaan geleentheid vir ‘n hardwerkende en dinamiese kandidaat met sterk tegniese vaardighede om by hulle span aan te sluit:

SIVIELE TERREIN BESTUURDER

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van individue met goeie leierskap eienskappe, wat onafhanklik kan funksioneer met ? relevante boubestuur of soortgelyke kwalifikasie en minstens 5 jaar bewese ondervinding in ? soortgelyke bestuur posisie in die konstruksie industrie.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bereidwilligheid om te reis na projekte.

Die suksesvolle persoon sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- Die bestuur, beplan en koördineer van projekte.
- Kontrole oor en motivering van personeel.
- Handhaaf bou en veiligheid standaarde deur inspeksie van terrein.
- Algemene toesighouding oor masjinerie en toerusting.

Daar word ? bogemiddelde, mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.

Rig u aansoek en CV met verwysing MOTB voor 12 Mei 2022