VERKOELINGSTEGNIKUS - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 17-11-2020 9:18:34 AM
12-01-2021 9:18:34 AM
Ons kliënt, 'n gevestigde onderneming in Upington wat spesialiseer in elektriese- en verkoelingsinstallasies en instandhouding by kommersiële en industriële persele en toerusting van hoofsaaklik nasionale maatskappye, beskik oor die volgende pos vir ‘n praktiese, self-gemotiveerde kandidaat as

VERKOELINGSTEGNIKUS
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Aansoekers moet verkieslik gekwalifiseerd wees, ondersteun deur minstens 5 jaar praktiese ondervinding spesifiek in industriële verkoeling stelsels.
- Goeie kommunikasievaardighede en vlotheid in Afrikaans en Engels
- Goeie tegniese kennis
- Vermoë om onafhanklik te werk.
- Besit is van ‘n geldige rybewys

Die suksesvolle kandidaat sal primêr verantwoordelik wees vir die diens, installeer en instandhouding van hoofsaaklik industriële verkoeling stelsels.

'n Onderhandelbare vergoedingspakket word aan die pos gekoppel.

Rig u aansoek en CV met verwysing JVT voor 27 November 2020