GASTEHUISBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-08-2022 9:22:32 AM
15-08-2022 6:48:56 AM
Hierdie gevestigde en welbekende gastehuis in Keimoes bied die geleentheid vir ? dinamiese, energieke persoon met goeie organiseringsvaardighede om aan te sluit by hulle span as:
Gastehuisbestuurder
Keimoes

Vereistes:
- Matriek met minimum 3 jaar vorige bestuursondervinding in gastehuis/hotel omgewing.
- Goeie rekenaarvaardighede in MS Office en MS Teams.
- Vlotheid in Afrikaans en Engels.
- Geldige rybewys met eie vervoer.
- Moet bereid wees om naweke en skofte te werk indien benodig.
- Moet bereid wees om in te bly op perseel.
Hoofverantwoordelikhede sluit in:
- Oorhoofse bestuur van gastehuis.
- Alle administratiewe pligte.
- Hantering van besprekings, kwotasies asook in- en uitboek van gaste.
- Voorraadbestellings en -kontrole.
- Opstel van skoonmaak en instandhoudingskedules en uitvoer van kwaliteitsbeheer.
- Hantering van alle kliënte- en personeelnavrae.
- Voorbereiding van etes.

In ruil word ‘n onderhandelbare salaris ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding aangebied.
Om aansoek te doen, rig u CV met verwysing MOKG voor 12 Augustus 2022